Erik van Wyk
Email: Erik.vanWyk@wilgenhof.org

Website : geocities.com/erikvanwyk

Wilgenhof 1979-1983
B.Ing (Elektronies), Stellenbosch 1983

Ek het in 1989 begin om by Unisa te studeer in die Inligtingstelsels rigting. In 1995 het ek Hons.Bsc Inligtingstelsels klaargemaak.

Ek is tans 'n besigheidsontleder in diens van Comparex en ek konsulteer by die Suid Afrikaanse Polisie se Nasionale Inligting Stelsels. Ek is spesifiek betrokke by Business Intelligence waar ek die databasisontwerpe doen en die 'front-ends' spesifiseer wat op Web tegnologie ontwikkel word.

Op die manier hoop ons om meer kroeks te vang!

In my privaattyd ontwikkel ek stelsels in Clarion for Windows.

Ek woon in Elarduspark in Pretoria, is getroud met Ingrid Smit (ontmoet op Stellenbosch). Ek het 3 kinders..2 seuns en 'n dogter.

Hier het ek geleer om kroeks te vang

Vir die ouens wat belangstel in vliegtuig 'voice recorders' en transkripsies of .wav leêrs van sulke voice recordings, besoek dit gerus by http://www.aviation-safety.net Dit is baie interessant.


Wilgenhof Home | Lys van Oumanne