Hannes van der Merwe
Email: Hannes.vanderMerwe@wilgenhof.org

Wilgenhof 1979-1982
M.Ing (Siviel), Stellenbosch 1984

Ek is nou al 5 jaar op Springbok, na sowat 8 jaar as raadgewende ingenieur/assosiaat by Africon(voorheen Van Wyk & Louw) in Paarl en Kaapstad. Tans `n mede-direkteur van `n siviele ingenieurs konstruksie maatskappy saam met 2 ander ingenieurs(ook oud-Stelleboschers, maar ongelukkig van nare plekke soos Dagbreek en Simonsberg) wat 'n paar jaar ouer as ek is. Ons doen beton, siviele dienste en grondverskuiwing en werk hoofsaaklik vir myngroepe soos De Beers(langs die Weskus en Oranjerivier), Anglo American(Aggeneys en Rosh Pinha se lood en sink), Trans Hex (so pas die siviele werk vir `n nuwe diamant-aanleg stroomop van Alexanderbaai voltooi) en ook vir Yskor en ander myne in Sishen/Postmasburg/Beeshoek omgewing. Doen ook heelwat werk in Upington, Vredendal en suide van Namibië. Kliënte sluit ook in die KWV, besproeiingsboere, plaaslike-, distriks- en provinsiale owerhede. Regstellende aksie voorskrifte vir toekenning van staatstenders is loshande ons grootste bedreiging. Die voorskrifte word ook nou stelselmatig afgedwing op privaatsektor instansies soos Anglo, ens. Ons probeer met behulp van studiebeurse ons bestuursprofiel reg te kry hoop dit sal oor tyd reg gestel kan word.

Getroud met Esmé(girl vanaf 4e jaar). Enigste kinders waarvan ek bewus is, is Simon(13j) en Heleen(11j). Natuurlik ook maar slim en mooi soos die Pa, net baie meer slapgat. Hoe het Aristoteles gesê, "..die kinders van vandag darem...". Simon is nou graad 8(ou std.6) en op Stellenbosch op skool.

Alle oumanne wat lus het om hier oor te staan op pad na die Richtersveld of Namibië is natuurlik altyd welkom. Vleis en slaapplek is volop.


Wilgenhof Home | Lys van Oumanne