Casper Swart
Wilgenhof 1981-1986
Begin werk as Asst.Landbou Navorser by Glen Landbou Navorsingstasie in die Vrystaat aan die einde van 1987 tot einde 1990. Verlang moerse terug Kaap toe, lees eintlik Stellenbosch. Kry gelukkig werk as Veekundige by Sentraal-Suid Koöperasie op Swellendam, nie heeltemal Stellenbosch nie, maar naby genoeg. Getroud met Susan, geen kinners net twee worshonde, amper soos kinners.