Wilgenhof 1981-1984
Ek het vir amper 10 jaar by De Beers gewerk (onderhoudsbestuur en projekbestuur op diamant myne en produksie bestuur by 'n diamant slypery), meestal in en om Kimberley, maar ook in Botswana. Ek is getroud met Dericka, ons het twee seuns, Roy (1989) en Karl (1991). Ons het in 1996 Vancouver, Kanada toe verhuis, waar ek met H.A. Simons gewerk het op internasionale myn- en aanleg projekte. In 1999 het ons by MCC (Mennonite Central Committee, website www.mcc.org ) aangesluit vir 2 jaar. Op die oomblik werk ek in die noorde van Alberta, Kanada op die Muskeg River Oil Sands Project, 'n groot projek waar ons 'n "olie uit sand" myn bou. Die myn sal 10% van Kanada se ru-olie voorsien.